Mediabediening
ToekomsVenster het ‘n sterk mediabediening en vertrou die Here vir nog geleenthede om die Evangelie deur middel van die media uit te dra.
Musiekbediening
Jannie is ‘n evangelis in sy hart en min dinge verskaf hom soveel vreugde as om die Woord in sang te bedien. Hy lei graag gemeentes in lofprysing om die Here met oorgawe te aanbid…
Gemeenskapsbediening
ToekomsVenster het drie gemeenskapsprojekte in Krugersdorp van stapel gestuur. Dis ‘n hartsbegeerte om ‘n positiewe verandering in arm & werklose mense se lewens te maak.

Spirituele begeleiding
Jare se gemeentelike ervaring rus Jannie toe om as mentor, spirituele begeleier en persoonlikheidsontwikkelings konsultant op te tree.

Senior Bediening

Enneagram
ToekomsVenster Publikasies
Dit is nie maklik om elke dag ‘n Christen te wees nie. Daarvoor is die wêreld net te ontstuimig. Ons leef in uitdagende tye en gelowiges wil die eise wat ʼn snel-veranderende samelewing aan hulle stel met energie, integriteit en oortuiging hanteer. ‘n Uitnemende reeks stiltetyd-handleidings kan jou hiermee help.
Ons is almal reisigers in hierdie lewe, maar gelowiges wil geanker wees in hulle geloof en hulle wil graag groei in hul geloofslewe ervaar. ToekomsVenster het die toerusting om jou hiermee te help. Ons stiltetyd-handleidings is inspirerend en prakties. Van ons land se heel beste teoloë het hieraan geskryf, in pragtige, toeganklike Afrikaans.
Elk met sy eie geloofstema en 45 dagstukkies per boek. Dis van onskatbare waarde vir individue, maar ook vir sel-en kleingroepe en daarom bevat die reeks ook DVD’s.
Ons reeks bestaan uit die volgende stiltetyd-handleidings:
Die boeke is in twee formate beskikbaar: A5 teen R120 per boek en A6 teen R60 per boek. Bestel hier.
Begin nou met jou reis.
Nege weke per tema
Vyf en veertig dagstukkies.
Daaglikse bloginskrywings vir verdere groei.
Kontak Ons
Kontaknommer:
Tel: 011 665 2516
Sel: 083 601 9094
Adres:
Frans Korbstraat 17
Oatlands, Krugersdorp 1751
The Jesus Project NPC
Registrasie nommer: 2005/019252/08