Wie is ek?

R30.00

Category:

Description

Identiteit

“Die tydperk 2015-2020 is van strategiese belang vir die kerk en elke gelowige” sê Ds Jannie Pelser, organiseerder van die ToekomsVenster inisiatief. “Ons leef in ‘n dinamiese en snel veranderende wêreld. Dis noodsaaklik dat gelowiges en gemeentes opnuut nadink oor hul betrokkenheid daarby”.

ToekomsVenster fokus vanaf 2015 jaarliks op sekere belangrike aspekte van God se komende Ryk. In 2015 die individuele gelowige; 2016 die plaaslike gemeente; 2017 die gemeenskap, 2018 Suid Afrika en 2019 die wêreld. Die jaar 2020 is ‘n jaar van toewyding en feesviering.

In 2015 word individuele gelowiges twee-maandeliks vanaf Februarie aan die temas Christus-identiteit, emosionele en geestelike heelheid, lewenskeuses, waardes en moraliteit, dissipelskap asook God se uitnemende en opwindende doel met elke gelowige om die beurt bekend gestel. Die omvattende en aanpasbare inisiatief sluit dagstukkies (twaalf minute per dag vyf dae `n week), kleingroep insette op DVD, preeksketse asook ‘n daaglikse interaktiewe blog in. Gemeentes en lidmate word uitgenooi om saam te reis na 2020. Die eerste tema “Christus-identiteit” se material is deur Dr Gerhard Bothma ontwikkel.