Jannie is ‘n evangelis in sy hart en min dinge verskaf hom soveel vreugde as om die Woord in sang te bedien. Hy lei graag gemeentes in lofprysing om die Here met oorgawe te aanbid soos Hy in Sy woord vir ons leer.

Jannie is self ‘n skepper van Afrikaanse gospel. Hy het al agt albums vrygestel en dra sy geestelike boodskappe duidelik en gevoelvol oor. Sy nuutste CD “Vat my Hand” is gebore uit sy persoonlike geloofsreis met die Here, daarom dat hy die meeste van die melodieë en lirieke self geskryf het.  Die naam suggereer hande vat op verskeie maniere. Mense onderling asook God en mens. “Daarom hierdie gebed dat die Here ons hande sal vat, en ons Syne, maar ook dat mense mekaar se hande sal vat op reis na die toekoms.“Die album is ʼn versugting dat die Here sy kinders sal vul met sy Gees, dat Hy hierdie wêreld ʼn gesonder plek sal maak, veral Suid Afrika”, verduidelik Jannie.   

Jannie deel sy musiek graag op uitnodiging. Skakel 083 601 9094 om `n afspraak te reel.

Kom Skeppergees