Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig.
Die roem van die Here hou altyd stand.
Die roem van die Here hou altyd stand.
Ons het die voorreg om vir ʼn paar dae weg te breek en hou vakansie
by die see. Ai, die see het nou maar een maal ʼn bekoring van sy eie. Die
grootsheid daarvan laat ʼn mens opnuut jou kleinheid besef. Die see is
tegelykertyd asemrowend mooi en ontstellend onvoorspelbaar.

Dis dieselfde see
waarin mense, ja kinders baljaar en mense luukse seevakansies onderneem wat
totale gemeenskappe en infrastruktuur wegspoel. Die see het die finale rusplek
geword van duisende mense wat vanweë stormweer die lewe gelaat het. Onlangs het
ek weer gelees van ʼn dogtertjie wat deur ʼn fratsgolf uit haar ma se arms
geslaan is en nie weer gevind kon word nie.

Die see is nie jou maat nie. Die
see is baie groter as ek en jy en ons moet ons grense ken. Iets daarvan is waar
t.o.v. ons verhouding met die Here. Hy is nie ons speelmaat nie. Die ou
vertaling sê die begin van alle wysheid is die vrees van die Here.

Dit beteken
nie afstand nie, maar groot respek en agting en erns. Hy word tog op sy
voorwaardes gedien.