What a wonderful world.

Ek wonder hoeveel van ons luisteraars is bekend met die lied wat deur die rasper stem van Louis Amstrong bekend gemaak is, vir my een van die mooiste liedere wat ek ken.

Nadat Louis die blou lug, wit wolke, rooi rose, baba onskuld ens. besing het konkludeer hy met die woorde – what a wonderful world.

The colours of the rainbow

So pretty in the sky

Are also on the faces

Of the people going by

I see friends shaking hands

Say how do you do

They really say I love you.

Idillies, mooi, maar intens bedreig in die tyd waarin ons lewe want volgens omgewings, eko aktiviste en wetenskaplikes wêreldwyd beleef die aarde ongekende stress en is die moontlikheid dat die lewe op planeet aarde onder beleg is. Daar word van kantelpunte gepraat en baie reken dat dit nou onafwendbaar geword het.

Met Greta Thunberg se optrede voor wêreldleiers by die VN se klimaatberaad het ʼn Kairos oomblik aangebreek. Of daar word dramaties iets gedoen om die situasie onder beheer te bring, of ons voortbestaan is in die weegskaal.

Toe die sestienjarige Sweedse aktivis haar voordrag lewer kon jy seker ʼn spelt hoor val het. Ek dink dat mense na hul asem gesnak het toe sy die eerste van vier “how dare you” uitspreek. Sy was na aan trane en die stress van bykans twee weke op die oop see onder moeilike omstandighede was op haar kindergesiggie duidelik leesbaar. Gerugsteun deur miljoene jongmense wêreldwyd het sy die vergadering in geen onduidelike terme laat verstaan dat hulle haar en haar portuurgroep ernstig in die steek gelaat het.

Ek haal aan :

Dit is verkeerd

Ek moenie hier wees nie

Ek moet terug in die skool wees aan die anderkant van die oseaan tog kom julle na ons as jongmense vir hoop

Hoe durf julle

Julle het my drome en my kinderlewe met julle lee woord gesteel

Dit is tragies dat ons kinders ons moet herinner aan ons verantwoordelikheid om ʼn veilige omgewing te skep waarbinne hulle kan opgroei en hul drome kan verwesentlik. Die teendeel is eerder waar.

Kinders leef onder die onweerswolke van oorlogsgeweld, kinders vlug saam met hul ouers uit desperate omstandighede en baie sterf in die proses, kinders gaan dood aan vigs, kinders kom om van honger, kinders word mishandel, verkrag en vermoor, kinders sterf in kruisvuur op die Kaapse vlakte, kinders word ontwrig deur zenofobiese geweld, kinders word wees agtergelaat omdat sestig mense, baie ouers, broers en susters, vandag in Suid Afrika vermoor sal word.

Kinders se toekoms is gesteel deur die selfsugtige plundering van staatsgeld, kinders leef in armoede omdat ons voorgangers mense deur ʼn onmenslike bestel verniel het, kinders sterf in puttoilette en gaan skool in omstandighede wat derde wêreld standaarde goed laar lyk, so kan ek aangaan.

Kinders en jongmense leef onder die wolk van werkloosheid en armoede, kinders is die speelbal in grootmens retoriek waarvan hulle niks verstaan nie.

Mag ons kinders ons vergewe.

Die wêreld skuld ons kinders n verskoning.

Ons het hulle gefaal.

It is not a wonderful world afterall

There is work to be done.

In die woorde van Greta –

You are failking us

But the young people are starting to understand your betrayal

The eyes of all future generations are upon you

And if you choose to fail us we will never forgive you

We will not let you get away with this

Right here right now is where we draw the line’

The world is waking up and change is coming whether you like it or not

Die stem van ʼn arrogante bedorwe broke wie se roem na haar kop gegaan het en haar respek vir volwassenes verloor het of die stem van een wat roep in die woestyn,

word wakker voor dit te laat is?

Rom 8: 19 Die res van God se skepping sien ook baie uit na daardie groot dag wanneer Hy voor almal sal sê dat ons sy kinders is. 20Want tot nou toe kry die skepping baie swaar. Die skepping het nie self gekies om so te ly nie. Nee, dit is die gevolg van God se straf op die sonde. Tog is daar hoop. 21Die skepping weet dat God dit ook eendag sal bevry van hierdie verskriklike lyding. Op daardie dag wanneer God al sy kinders eens en vir altyd kom verlos, sal die skepping ook vrygemaak word. Dan sal die skepping God se heerlikheid op die regte manier weerkaats. Vir altyd.

22Intussen steun en kreun die ganse skepping tot vandag toe soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee.

There a no trees of green, no roses too

They seized to bloom for me and for you

And I think to myself

What have become of our world.