Wat is jou storie

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Wat is jou storie

Kenneth, my kollega,  vertel gister hoedat hy by ʼn jong 19 jarige seun, effektief op straat, gaan sit het en na sy storie geluister het.
Die somtotaal van verwaarlosing, misbruik, aanranding en eensaamheid gryp ʼn mens aan die hart. Die lewe het nog nie eers begin vir hierdie jongman nie en hy het reeds so ʼn groot agterstand. Nou bly hy snags in die “shelter” en bedags drentel hy rond op soek na werk. Werk is skaars en is nie geredelik beskikbaar vir iemand soos hy nie. Geen adres, opleiding, verwysings en getuigskrifte nie, net die eerlike kyk in sy oë wat vra, help my asb.
Daar is honderde sulke mense op straat. Wat gaan ons doen om hulle te help? Dit begin by luister, belangstellend en sonder vooroordeel. Die liefde glo immers die beste, bedek alles, al het jy verskeie kere al ʼn bloutjie geloop.
Waar kry ons nog sulke radikale omgee?
God het my ʼn kans gegee.
God wil hom ʼn kans gee.
Die prys is reeds betaal.
Is daar iemand wat genoeg omgee vir mense soos hierdie jong seun?
MATTEUS 25:37
Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?
Here, help my om ons wêreld heel te maak.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen