Wat hoor jy van die wederkoms?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Wat hoor jy van die wederkoms?

Jare gelede het ons dominees by Sterkfontein Psigiatriese hospitaal besoek gebring. Ons gemeente is steeds betrokke deur die dienswerk van toegewyde lidmate. Ek moes by ʼn saal aandoen waar dinge somtyds bietjie deurmekaar loop in mense se gedagtes.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Na my boodskap het een van die pasiënte saam met my na die motor gestap. Hy leuen na my kant toe en fluister “dominee, wat hoor jy van die wederkoms?” so asof ek inligting het wat ander nie het nie en nou gevra word om dit vertroulik met hom te deel. Ek was oorbluf oor die vraag en die wyse waarop dit gestel is en al wat ek kon uitkry was “nee, dis nog aan”.
Die wederkoms van Jesus is “nog aan”. Eendag gaan die Seun van die mens op die wolke verskyn. Daar gaan die geroep van ʼn aartsengel wees, die basuin sal blaas, ʼn skare engele sal Sy verskyning aankondig, die hemel sal skeur en ons wat glo sal Hom in die lug ontmoet. Presies hoe dit gaan wees weet ons nie. Wat ons wel weet is dat dit die een afspraak is wat nog uitstaande is.
Jesus het na die aarde gekom en die prys betaal. Hy het opgestaan en opgevaar. Al wat nou nog moet gebeur om sy bediening af te rond is sy verskyning op die bestemde tyd.
Is jy gereed?
Die wederkoms is “nog aan”.
Here, help my om met verwagting te lewe.
Maranatha, kom Here Jesus.
Maranatha.
Amen