Vrydag: Waar is God?

Kinders van die Here leef nie met hul koppe in die grond soos ʼn klomp volstruise nie. Hulle kyk die lewe in die oë, vrae indringende vrae, soek antwoorde waar daar antwoorde te vinde is en neem besluite oor die res.
Ons leef in ʼn stukkende wêreld. Die modderstortings in Kalifornië is die jongste van toenemend voorkomende natuurrampe wat moeder aarde tref. Aardsverwarming word allerweë aangevoer as een van die hoofoorsake van klimaatsverandering. Stel jou  sneeu in die woestyn voor!
Dis tsunami’s, tornado’s (selfs  in Suid Afrika), oorstromings en die versengende droogte wat in die Weskaap heers. “D” dag vir die Kaap  is nader geskuif en eersdaags sal buitegewone maatreëls ingestel op oorlewing in plek moet kom tensy dit reën.
Intussen verniel mense mekaar teen ʼn verbysterende spoed. Moord en doodslag, kriminaliteit en verwarring heers oënskynlik. Siekte maai onder mense en vigs eis ʼn verbysterende tol, ook in Suid Afrika. Waar is God?
Die vraag word eeue lank beredeneer.
Terwyl ek skryf aan hierdie gedagtes wonder ek of die vraag nie eerder moet lees “waar is die mens nie”.
Natuurrampe is buite ons beheer maar soveel daarvan word toegeskryf aan die vernielsug van mense en die uitbuiting van natuur en bronne.
Ons verbrou en God moet regmaak.
Dit werk nie so nie.
Oorsaak en gevolg is ʼn werklikheid.
Die gebrek aan moraliteit en gepaardgaande wetteloosheid kan tog ook nie voor God se deur gelê word nie.
Digby ons is daar verskeie stopstrate. Dis egter klaarblyklik ʼn onaangename padteken vir baie omdat hul voortgang onnodig gestuit word. Mense jaag doodgewoon daaroor sonder om enige iemand anders in ag te neem. Dis klaarblyklik hoe die tragiese Kroonstad treinongeluk gebeur het. Iemand het doodgewoon net nie gestop nie.
Stop jy as jy moet?
Bestuur onder die invloed!!
Hoe verstaan jy dit?
Ons sypaadjies is rommelhope. Ek het al meermale agter die luuksste motor gestaan wat doodluiters die ruit oopdraai en strooi. Hoe dan nou?
Vernielsug het endemies geword.
Ons almal verniel. Party baie grafies maar ons het dikwels skade in ons kerkgebou oor mooi kinders wat verniel.
Net voordat ons die vinger na ander wys moet ons weer na onsself kyk. Wandel ons in alle opsigte in die lig. Kan ʼn ondersoek na die “kapings” in ons lewens, die monopolieë van die bose en die houvas wat daarmee gepaard gaan in ons lewens die lakmoestoets deurstaan.
Dis nie net “ander” mense nie. Dis dikwels ook “ons” mense.
Waar is God?
Nee, waar is die mens?
Waar is ek en jy?
Waar is ons opvoeding  en hoe kry ons moraliteit weer op dreef?
Hoor graag wat jy dink (ps. nie preke nie ouens net kort pen strepe asb.)
Jannie Pelser

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}