Verwag altyd die ergste?

Verwag altyd  die ergste? 

SPREUKE 25:8..moenie te haastig teen jou buurman ‘n klag indien nie; wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?

Teen die tyd weet almal wat hierdie blog volg dat ons met vakansie was. Veilig terug en dankbaar vir die geleentheid om te kom wegbreek.
Digby Pietermaritzburg is daar ʼn baie besige tolhek. Ek is seker baie kan dié tolhek in hul gedagtes plaas. Daar is verskeie deurgange (hekke?) en die motors staan ver opgedam. Almal soek die gaping wat hul vinniger aan die ander kant gaan laat uitkom.
Ook ek besluit dat “hierdie ry” vinniger beweeg. My motor kyk verkeerd en ek moet ʼn koersaanpassing maak wat dadelik gebeur. Die gaping is egter (na mening) nog te klein om my motor se neus in te druk en ek wag nog ʼn oomblik dat dit veilig is.
Agter my is daar ʼn mini bus wat op sy toeter bly. Ek vervies my liederlik en doen wat ʼn Christen nie doen nie, verloor my humeur en leuen oor die stoel om hom te vra of sy ma weet dat hy vanoggend opgestaan het.
Die toeter sny wreed deur my geknelde en gekweste binneste. Suzette het al haar dae om my te kalmeer en kilometers aan die anderkant van die tolhek bedink en steeds die ongepoetste bestuurder in die ander motor.
Met verdrag kom ʼn ander moontlikheid by my op. Sou die man nie net vir my ʼn geleentheid wou gee nie? Wat hy eintlik getoet het was dalk,  jy kan voor my indraai dis veilig. Dis ook waarskynlik wat gebeur het.
Met die tolhek in die verte sien ek dat hy glad nie haastig is nie maar rustig sy pad aan die anderkant vind. Ek het die boodskap heel waarskynlik verkeerd verstaan en die verkeerde gevolgtrekking gemaak. Hoe dom.
Moenie haastig wees in jou beoordeling van ander se motiewe nie. Jy is heelwaarskynlik verkeerd.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}