Verstaan of vertrou

Verstaan of vertrou
ROMEINE 11:34
“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?
Ek wonder of dit al ooit so onstuimig was in ons mooi land se geskiedenis. Daar is nie ʼn terrein waarop chaos nie dreig om paniek en vrees te saai nie, trouens so voel dit. Polities is ons in ʼn harwar, ekonomies galop ons afdraand, sosiaal maatskaplik val mense uit mekaar.
Waar sal ons hoop vandaan kom?  
Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het, wat getrou bly tot in alle ewigheid en die werke van sy hande onderhou.
Dit beteken nog nie dat ons verstaan nie maar, kan ons verstaan en word ons nie veel eerder opgeroep om te vertrou nie?
God is ʼn misterie, onverklaarbaar groot en heerlik en ver buite die grense van ons beperkte begrip.
Romeine vra immers : wie gee Hom raad?
Miskien moet ons eerder bid : Here, hou ons getrou, steeds besig in die Koninkryk.
Help ons om nie te twyfel nie.
Versterk ons geloof.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Maak ons hande en ons voete sterk en gereed om U goeie wil te doen.