Verbreek die stilte

Verbreek die stilte

 JAKOBUS 5:16Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Ek is baie bevoorreg om ʼn goeie en opbouende huwelik te mag hê. Ek dink nie God se bedoeling is enige iets anders nie. Hy bring mense tog nie bymekaar om mekaar te verkleineer, beledig, af te breek en seer te maak nie. Dis dom en dis nie God nie.
Tog is daar in enige verhouding, ook die huwelik, meningeverskil van tyd tot tyd. Somtyds gee die verskil aanleiding tot ongemak en stilte. Stilte in ʼn huwelik is onhoudbaar en moet ten alle koste vermy word.
Stilte word verbreek wanneer een van die partye die stilte verbreek , gewoonlik met ʼn “ek is jammer” inleiding. Dis egter een van die moeilikste goed om te doen. ʼn Mens skuil liewers agter self regverdiging en self bejammering.
Ongeag van hoeveel meriete jou saak het en hoe reg jy is lê die verbreking van stilte, by jou. “Ek is jammer” is genesend en laat die gesprek gewoonlik herleef.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Verbreek die stilte. 
Sê jy is jammer en bedoel dit.