Vadersdag

Vadersdag
ROMEINE 8:15
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
Sondag was Vadersdag gewees. Ek is dubbel vader want ek is ook ʼn oupa. Dit was louter vreugde dat die kinders en kleinkinders by ons kom eet het. Om jou kroos en nakroos rondom een tafel te sien en ervaar is ʼn groot genoeg geskenk. Mens het niks meer nodig nie.
Pa wees is ʼn ontsettende voorreg. Dis ʼn vreugde wat nie beskryf kan word nie. Terwyl ʼn mens kyk en hoor hoe daar oor en weer geskerts word besef ʼn mens hoe groot God se genade is. Skielik verstaan ek iets van God se Vaderhart. Myne kom nie eer naby aan God se hart nie maar ek beleef tog wel iets. Soos ek oor my kinders voel so voel God oor my, net duisende keer meer. Trots, dankbaar, opgewonde, vreugdevol, betrokke, ekstaties oor…my…en jou en ons.
Ons Vader wat in die hemel is

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Heilig is U Naam.