Twee jaar!!

ROMEINE 8:1Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.

Gister bel ʼn dame my en ek het soveel waardering vir haar oproep. Sy vertel dat sy twee jaar gelede ʼn opmerking teenoor my gemaak het wat ander mense in ʼn slegte lig gestel het. Die ding wil haar nie los nie en sy worstel die afgelope twee jaar om van die skuldgevoelens ontslae te raak.
Nodeloos om te sê weet ek nie eers waarna sy verwys nie. Dit was waarskynlik nie kwetsend nie en daarom het dit geen blywende indruk by my gemaak nie. Daarbenewens is ek nie in alle opsigte ʼn rolmodel wanneer dit by die tong kom nie. (Iewers lees ek “be patient with me, God is not finished with me yet).
Dit was ʼn heerlike vreugde om haar vry te spreek al het ek nie geweet waarna sy verwys nie. Ek kon haar herinner aan die manjifieke teks wat sê daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie (ja, dis die hele teks). Punt. Geen veroordeling.
Aan haar stem kon ek agterkom dat sy vrygekom het. Twee jaar se swaarkry, so onnodig. Die ideaal is om sommer die oomblik wat die Heilige Gees jou bewus maak van iets daarvan werk te maak. Vra en ontvang God se vergiffenis, skakel die persoon en maak verskoning ( dit sal vir hom baie beteken) en vergewe jouself en LEEF!!
Ai Here, die onnodige swaarkry.
Ek gaan VANDAG regmaak waar ek verbrou het.
Help my asb.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen