Today I woke up

Today I woke up

JOHANNES 10:10
‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Kuier ʼn bietjie by die see en vandag is warm genoeg om die strand aan te durf. Daar sien en ʼn klein seuntjie met die oulikste T hempie aan waarop geskrywe staan “Today I woke up, thats awesome”
Ons aanvaar die lewe se gelate as vanselfsprekend. Natuurlik sal ek wakker word, aantrek, ontbyt geniet, werk toe ry en my gesin vanaand geniet. Die genade om goeie gesondheid te geniet, inkomste te verdien en die verstandelike vermoë te besit om ʼn sinvolle bydrae te lewer gaan dikwels by ons verby. Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

I woke up, thats awesome. Nog ʼn dag om die verskil te wees waarop ek hoop, ander se lewens te verryk, God te verheerlik en aan my skeppingsdoel te beantwoord. Nog ʼn dag om te sing, lag en dans. My kinders en vrou vas te hou. Die son op my vel te ervaar en die heerlike voedsel wat ek eet te geniet. Ook dit gaan verby. Moenie dat die awesome van die lewe so ongemerk verbygaan nie. Dis genade onbeskryflik groot.