Terme en voorwaardes geld

“Terme en voorwaardes geld” 

MATTEUS 7:21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Meeste mense hou van ʼn winskopie. Ware winskopies is skaars en aanbiedinge wat blyk om winskopies te wees is eerder ʼn geval van goedkoop koop is weer koop. Aan die einde van die dag is die uitdrukking  “you get what you pay for” meer male die waarheid. Hoe dikwels het ek nie al ʼn winskopie gaan omruil vir die ware Jakob nie.
Die meeste aanbiedinge bevat die byskrif – “terme en voorwaardes geld”. Dit wil die potensiële kliënt bedag maak daarop dat daar sekere voorwaardes geld wat nie eksplisiet in die aanbieding vermeld word nie. Jy gaan eers later daarvan hoor. Uiteraard rus die verpligting op die kliënt om te vra waarna verwys word. Die terme en voorwaardes mag dinge soos een per kliënt, terwyl voorraad hou, slegs kontant kopers en net by bepaalde takke insluit. Natuurlik staan dit die verkoper vry om te besluit onder watter voorwaardes hy die aanbod maak. Niemand is onder verpligting om te koop nie.
Die Evangelie kom ook met terme en voorwaardes. Dit word saamgevat in die woord dissipelskap, lewenslange leer. Die ewige lewe en sonde vergiffenis is uiteraard gratis en kan op geen manier aangevul of komplimenteer word nie. Dis ʼn wonderlike en onvergelykbare aanbod. Dis onverdiend en Goddelik.
Genade onbeskryflik groot het U aan my bewys…
Daar is egter voorwaardes, terme wat geld. Die pad van gehoorsaamheid, geloof en diensbaarheid. Dit behoort nie ʼn probleem te wees vir wie die Evangelie ope arms ontvang nie maar die noodwendige uitvloei van hierdie genade gawe te wees.
Het jy die aanbod aanvaar sonder om die terme en voorwaardes in ag te neem? Dit lyk asof daar baie mense is wat dink dat dit in orde is.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Besoek God se aanbod weer. Dis gratis maar kos alles.