Teleurstelling

Teleurstelling

MATTEUS 24:13Maar wie tot die einde volhard, sal gered word

Ons leef nie in ʼn ideale wêreld nie. Daarvoor sal ons moet wag want dit sal eers aanbreek wanneer Jesus op die wolke verskyn. (Ek sien ʼn nuwe hemel kom, ʼn aarde nuut en vry..)
Ten spyte van ʼn sekere teologie wat hemel en aarde belowe as n mens tot geloof kom, weet ons dat dit nie waar is nie. Nie alleenlik omdat die praktyk van elke dag se lewe dit verkeerd bewys nie, maar omdat dit nie die ervaring was van Godsmanne en vroue in die Bybel wat veel nader aan God gelewe het as wat ek en jy  ooit kan droom om te doen nie. Ook omdat die Here dit (ʼn lewe sonder enige uitdagings) nooit belowe het nie.
Gelowige manne en vroue deur al die eeue moes leer om te midde van teleurstelling en ontwrigting op die doel te fokus en te volhard.
Om te volhard in die geloof is ʼn Bybelse opdrag. Dié oproep maak net sin omdat daar omstandighede is wat ʼn mens in jou “op weg wees” saam met God wil ontspoor en ontmoedig.
Vandag mag rooskleurig en ideaal wees. God gun dit vir jou en mag jy dit geniet en waardeer.
Vandag mag, te midde van ʼn sonde geïnfekteerde wêreld, teleurstelling inhou.
God is ook daar. Vertroostend, bemoedigend en karakter vormend.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Moenie woestyn ervarings minag of geringskat nie. Dis meermale die springblank na ʼn beter toekoms.