Te veel druk…

Ek beleef dit aan my eie lyf en is seker dis nie anders met jou nie. 

By tye is dit net te veel..
Te veel druk, inligting, verwagtinge, slegte nuus, moedeloosheid.
Ons doen soveel daarvan aan onsself. Die Here se plan vir vermoeidheid is eenkant kom met Hom. Hoe besiger, hoe meer tyd saam met die Here was die groot geestelike mentors in die geskiedenis se raad.
Die lewe verwag baie. Dis lank nie meer eenvoudig nie.
Jy moet jou kant bring anders kan jy uitgeskuif word.
God verwag niks minder van jou nie. Maar uitgebrande mense kan nie betekenisvol presteer nie.
Ons moet stil raak voordat ons besig raak.
Oorweeg hierdie manjifieke vertaling van die bekende teks Kom na my toe. Jy vind hierdie weergawe in The Message vertaling.
Matthew 11:28-30
28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Ps. Gratis: sms. die woord “stilte” na  0649948072 en kom in aanmerking vir ʼn gratis geskenkie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}