16 Maart 2017 – Swaarkry mense

Swaarkry mense.

Die Sassa debakel het n mens net weer bewus gemaak van die omvang van armoede in Suid Afrika. Nie minder as 17 miljoen mense wag op die uitbetaling van toelaes op 1 Mei. Nagenoeg 12 miljoen van hierdie hulpbehoewendes is kinders, jonger as 18 jaar oud. 
Hulle is in die sorg van familie lede en goedhartige mense wat verantwoordelikheid neem vir wees en onversorgde kinders. Kinderhuise kan dié groot groep kinders nie akkommodeer nie. Familie en vriende móét daartoe instaat gestel word.
Die skamele R340 per kind per maand is ʼn druppel in die emmer maar darem beter as niks. Verder is daar verswaktes, pensionarisse en bejaardes, gestremdes, ens.
Dis erg om so afhanklik te wees. Hoe ver kom jy met dié beperkte toelaes?
Ons mag die swaarkry mense in ons samelewing nie vergeet nie. Ons mag nie ons verantwoordelikheid skouerophalend aan die staat oorteken nie. Die feit dat ons belasting betaal verontskuldig ons nie om alles moontlik te doen om te sien dat mense in ons kring behoorlik versorg is nie.
Dis te erg om te dink dat mense honger gaan slaap!!