p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}
Stil word by die Here
Stil word by die Here is onverhandelbaar belangrik in die lewe van ʼn gelowige. Die stryd om daarby uit te kom is nie onbekend en uit die lug gegryp nie.
Daardie paar minute wat elke dag op sy gesit word om te hoor wat Hy sê en Hom te aanbid vir sy ongeëwenaarde goedheid en guns word van alle kante bedreig. Besige programme, dringende afsprake, neulende kinders, dwalende gedagtes, blaffende honde, ens. maak jou intens bewus van die aanslag op hierdie juweel in die lewens van God se kinders.
Juis omdat dit so bedreig word moet ons ʼn baie hoë premie plaas en jaloers waak oor ons tyd saam met die Here. Uiteraard leef ons oomblik vir oomblik in sy teenwoordigheid en is die troos van Immanuel, God met ons, vertroostend en versterkend. Dit vervang egter nie ʼn tyd van fokus en bewustelik aanbid nie. Waak daaroor en hou dit gedissiplineerd in stand. Wat het die Here vandag vir jou gesê…en jy vir Hom?