ʼn Spyker wat goed ingeslaan is

ʼn Spyker wat goed ingeslaan is

Jes22: 23            
Ek sal hom in sy amp bevestig, hy sal wees soos ‘n spyker wat goed ingeslaan is, in sy amp sal hy die trots van sy hele familie word.
Iemand het een keer gesê dit help nie jy het ʼn persoonlikheid maar geen rug graad om dit aan op te hang nie.
Betroubaarheid en integriteit is onverhandelbare kwaliteite in die lewe van enige Christen wat sy getuienis waardig wil uitleef.
Die skrywer van Jesaja 22 gebruik ʼn uitstekende beeld met verwysing na Eljakim – Hy belowe om hom in die amp te bevestig, gesag te gee vir die taak wat hy moet verrig, as koning te bevestig, ens.
Die beeld van ʼn spyker wat goed ingeslaan is gepas. Die betekenis is dat dit sekuriteit en vastigheid bied. Dit is onbeweegbaar, sterk en kan vertrou word. Dit word nie sondermeer ontwrig nie maar dien sy doel uitstekend. Wanneer die spyker selfvoldaan en trots raak en dink dat die krag in homself lê sal hy verneder word.
Die gereedskap wat daaraan hang sal tot niet gaan die getuienis aangaande die “spyker” sal nie vleiend wees nie.
Die gedeelde stel afhanklikheid en betroubaarheid op een lyn. Afhanklik van God en betroubaar om te doen waarvoor die Here geroep het. Selfvoldaanheid, trots en hoogmoed bring die teenoorgestelde, vernedering en ʼn val.
So belangrik dat ons hierdie twee sake in ewewig behou. Afhanklik en betroubaar, betroubaar afhanklik.
Jes22:24              Maar wanneer die trots van sy hele familie, sy nageslag en sy veraf familie, selfs van die geringes onder hulle, aan hom hang soos kombuisgereedskap aan ‘n spyker,
25           sê die Here die Almagtige, sal die spyker wat goed ingeslaan is, ingee; dit sal afbreek en val, en die vrag wat daaraan gehang het, sal tot niet gaan. Die Here het dit gesê.
Kan God jou vandag met belangrike sake vertrou sonder die vrees dat dit op die grond gaan?
Here ek wil U nie teleurstel nie.
Amen.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}