“Sound the alarm”

Joël 1:13-15; 2:1-2

Dié gedeelte in Joël het my aan die dink. Ek dink aan die baie insidente van verwoesting deur moeder natuur en wonder of die Here ons tot stilstand roep. Ek praat wêreldwyd.
Die brande wat verskeie wêrelddele teister, by ons onlangs in die Knysna omgewing en nou, in Kalifornië. Dis verskriklik om dit te sien wat dit aan gemeenskappe doen. Tientalle mense is dood en honderdtalle se eiendom is op die grond afgebrand.
Die tornado’s wat onder andere die VSA getref het het ons televisie skerms in realiteit TV verander. Wie sou kon dink dat ons self sou deurloop? Gauteng, Mpumalanga, KZN.
Tonele van verwoesting, ongekend vir ons deel van die wêreld, het getref. Talle is dood. Skole, hospitale, inkopie sentra, infrastruktuur is getref.
Aardbewings in Mexiko, modderstortings in China, oorstromings in Indië en sneeu neerslae op ander plekke om maar ʼn paar te noem.
Dan die mense slagting aan die hand van mede mense.
Ekstremisme het ʼn nuwe hoogtepunt bereik. Die gebeure in Las Vegas is vars in die geheue. Marikana lê nie ver weg in ons geskiedenis nie.
Onsekerheid, kommer, hopeloosheid, armoede.
“Sound te alarm” sê die teks.
Wat beteken dit?
Hoe doen ons dit?
Bewerk ons tans ons eie ondergang?
Wie kan ons red?
Here, ons is besorg oor die toekoms.
Help ons om U stem te hoor.
In Jesus Naam

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen