Soos die kop is…

Soos die kop is…

Mnr Zuma, Suid Afrika plaas u in ʼn staat van beskuldiging!
U het u plig teenoor die mense van ons land jammerlik verontagsaam.
U sal onthou word as seker een van die slegste hoofstukke in die geskiedenis van ons land.
Soos die kop is, is die lyf. ʼn Deel van die  lyf word soos u traak my nie-agtig, onverskillig, wreed, korrup en misdadig . Dit staan teen u naam opgeskryf.
Giggelend beledig u die mense wat vir u gestem het terwyl u op hul onkunde en gebrek aan onderskeiding teer.
Die lyf roep u nou tot verantwoording.
Die lyf kla u aan.
U het ons verwaarloos, verinneweer, uitgebuit, verneder, misken, mislei en vermink.
ʼn  Mens hoef nie ʼn profeet te wees om agter te kom dat weersin en weerstand teen booswigte soos u in ons land besig is om te styg nie.
Ek is intens bekommerd daaroor.
As Christen glo ek egter in die weerstand van gebed en medemenslikheid.
Liefde is die enigste wapen wat opgeneem mag word.
Maar liefde is nie ruggraatloos en papbroekerig nie.
Daar is ʼn stukkie van ons wat u nie in die hande gaan kry nie.
Dis nie te koop nie.
Dis ons selfrespek, roepingsbewustheid, geloof en volharding.
U het omtrent alles gevat.
U gaan nie ons lewens ook steel nie.
Moenie u hand oorspeel nie.
God slaap nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; color: #1f497d; -webkit-text-stroke: #1f497d}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}