Skuld vereffen
Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak.
Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
Die teks in Kol.2: 14 het my weer in die hart gegryp.
Niemand van ons hou van skuld nie. Ongedissiplineerde aankope op krediet (ai die kredietkaart is so gerieflik en geduldig, veral as jy dit op “budget” neem) kan jou lelik kniehalter as dit by die betaalslag kom. Dan loop die uitstaande bedrag rente teen ʼn ongenaakbare koers en betaal jy soveel duurder vir die plesiertjie wat jy jouself toegeëien het. Ons almal ken daardie gevoel.
Dit is ʼn uitstekende uitweg om die kredietkaart met al die belofte wat daaraan verbonde is met geen genade stukkend te sny nie. Die stukkies in die asdrom en vergete. “Ek lewe voortaan sonder skuld”, sê jy vir jouself. “Ek was vir lank genoeg in die moeilikheid. Slapelose nagte en rondrol maak die kortstondige plesier van ietsie duursaam aankoop net nie die moeite werd nie”.
Die teks praat ook van skuld. Die skuld moet vereffen word. Daar rus ʼn wetlike verpligting op die skuldenaar om reëlings te tref dat die bedrag afgelos word. Dis net dat die skuld so groot is dat daar geen kans is dat dit ooit vereffen sal kan word nie. Daar bestaan boonop nie ʼn “currency” wat as delging van die skuld aangebied kan word nie. Dis die geweld wat ons teen God en sy heiligheid pleeg deur in sonde te leef en te volhard. Die Bybel sê die loon van die sonde is die dood. Almal het gesondig lees ons op ʼn ander plek en dit ontbreek hulle aan die heiligheid van God. (Rom.3:23; 1 Joh.1:9)
Die wonderlike Goeie Nuus is dat die skuld namens ons betaal is deur die enigste Persoon wat ons skuld volledig kan uitdelg. Sy Naam is Jesus Christus die Here en Hy het met sy eie bloed (sy lewe) die skuld teen ons uitgedelg. Die teks sê dit mooi…die skuldbrief is aan die kruis vansgespyker.
Loof die Here vir hierdie manjifieke en onvergelykbare gawe.
Leef dankbaar vir sy verlossing.
Gebed
So baie baie baie dankie Here.
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
Amen