Sjoe!

Sjoe! 

Ek sien ʼn boek op my boekrak met ʼn baie interessante tema. “Questions God asks” deur Israel Wayne.
Ek is so gewoond om boeke te bestudeer oor die vrae waarmee mense worstel. Ons praat gedurig met die Here oor ons problematiek.
“Here waarom gebeur hierdie ding met my, waar is U as ek U nodig het, waarom is die wêreld so stukkend, wanneer gaan Suid Afrika verander?
Honderde vrae en die lysie word langer en langer omdat ons nie altyd antwoorde vind op ons vrae nie.
Die lewe is ʼn misterie en ons sal eers later verstaan.
Intussen gaan ons gelowig voort wetende dat God getrou en goed is en sal doen wat Hy belowe het.
Maar wat van die vrae wat die Here vra. Vrae soos waar is jy, wie is jy, wie het vir jou gesê, waar is jou broer en waarom is jy kwaad?
Vrae soos waar is jou vrou, is enige iets te moeilik vir God, wat is jou naam en wat is in jou hand? Sjoe.
Fenomenaal om oor die lewe en oor God te dink van uit daardie perspektief.
Watter vraag vra die Here vandag vir jou? Waarom twyfel jy, waarom is jy ongehoorsaam, waarom is jy so kwaad?
Vrae soos waarom help jy hom nie, waarom is ʼn verbitterd en waar is jou skat?
Dink ʼn bietjie hieroor na. Dis lewensveranderend.
Here, wat vra U vandag van my?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen