Simbole van genade

Een van die moeilikste uitdagings vir my in hierdie tyd van inperking is dat ek nie by die mense uitkom vir wie ek lief is nie. Nie soos dit moet nie altans. Sosiale media interaksie is nog nie raak en vashou nie. Veral wanneer dit by my kinders en kleinkinders kom en ek weet jy kan daarmee identifiseer.

Ons is bevoorreg dat nie een van ons kinders hulself in die buiteland bevind nie. Trouens, die verste is ʼn gemaklikste 20 minute ry van ons af. Nou egter is die twintig minute ʼn bykans onoorbrugbare kloof en die verlange word net meer en meer.

Ons is gemaak vir intimiteit, verhouding, koinonia, interpersoonlike verkeer, raak, druk, soen, vashou en  omhels.

God het ons so gemaak omdat dit is hoe Hy is.

Hy begeer ons omhelsing, ons aanbidding ( een verduideliking is dat aanbid soos ʼn soenbeweging in die rigting van ʼn geliefde is), aanraking en omhelsing. As Hy Homself as Abba, Vader openbaar, kom die beeld van ʼn Pa en kind by ʼn mens op.

In ons verhouding met Hom, soos op aarde, ontgroei ʼn mens nooit jou kindskap nie. Jy kan ver gevorder wees in jare maar as jou ouers, as hulle nog lewe na jou verwys en aan jou dink, is dit binne kind konteks.

So is dit ook met ons Hemelse Vader gesteld.

Ons is sy kinders.

Hy geniet dit as ons naby is, selfs speels naby is. Ons word te gou groot, swaarmoedig, beswaard, dra die hele wêreld op ons skouers so asof die Here ons daarvoor geroep het.

Die kinderliedjie sê

Hy hou die hele wêreld in sy hand.

Die grote dinosourus,

die kleinste fynste baba,

vir mamma en vir pappa ook ouma en oupa.

Ook vir my hou Hy in sy hand.

Die berge maak Hy, die heuwels daarby, die see en alles daarin.

My God is so groot, so sterk en so magtig daar is niks wat my God nie kan doen.

Wil jy nie vandag by Pa kom sit nie.

And the things of this world

Will grow stragely dim

In the light of His glory and grace.

Groete

Jannie

Organiseerder

ToekomsVenster