Sick and tired

Sick and tired

Die nuus dat mnr Mugabe die tuig neerlê is seker nou oral bekend. Ons gun Zimbabwe ʼn nuwe hoofstuk. Dit sal vir seker ʼn impak hê op Suid Afrika en die res van ons kontinent. Die feit dat dit ʼn geweldlose proses was is prysenswaardig, veral vir Suid Afrika waar betogings en protes meermale met die vernietiging van eiendom en selfs lewensverlies gepaard gaan.
Die entoesiastiese gehoor het rondom die parlementsgeboue in Harare bymekaar gekom en behoorlik feesgevier. Die strate was die ene joligheid. Interessant hoedat iemand wat gister nog die oënskynlike lojaliteit en ondersteuning van sy mense gehad het, oornag sy invloed en houvas verloor.
Die kamera was op ʼn vrou wat baie bly was oor die toedrag van sake. Sy het luidrugtig haar tevredenheid uitgespreek en die volgende woorde gesê “we are sick and tired of being sick and tired”. (Ek hoop sommige mense in leierskap plaaslik hoor dit duidelik. Die volk is vinnig besig om versadigingspunt te bereik. Ons is sick and tired of being sick and tired).
Toegepas op die geestelike lewe het dit besondere betekenis. Dit beteken dat ʼn mens by ʼn punt moet kom waar verandering onomkeerbaar is. Daar moet doodeenvoudig ʼn verandering in die status quo kom. Dit kan nie so voortgaan nie.
Hoe dikwels beroof die bose ons nie van potensiaal en vreugde nie. Ons word ondergrawe en moedeloos gemaak deur die een aanvegting na die ander. Dis oorlog vandat ons opstaan totdat ons gaan slaap. Wel, as die bose oorlog wil hê, sal hy dit kry.
“We are sick and tired of his  schemes.  
We are sick and tired of being manipulated and abused.
We are sick and tired of being lied to and taken for a ride.
You are a liar, a murderer and a thief.
In the Name of Jesus get out of here”.
Is jy “sick and tired of being sick and tired?”
Dis ʼn goeie plek om te wees.
Staan in die oorwinningskrag van die Lam.
Weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug sê die Bybel.
“Get behind me satan!!”
Here, in U oorwinning lê ons oorwinning.
Ons loof U, Koning van die Konings
Amen

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}