Rus en vrede

Rus en vrede

2 PETRUS 1:2
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here!

Vakansie is ʼn heerlike ervaring. Die losmaak van die roetine van elke dag, laat slaap en lekker eet is mos alles deel daarvan. Dis ʼn voorreg om ʼn bietjie weg te breek en uiteraard is ʼn mens baie dankbaar vir die geleentheid om dit te kan doen.
So met die oggend draf saam sien ek die name van die vakansie woonstelle en eenhede die straat af. Die gemeenskap van Uvongo is klaarblyklik meer Afrikaans en die name van die komplekse getuig daarvan. Dis lekker name, ontspanne en speels. “Natspat” en “Dolfynsig”. “Vergenoeg” en “Dankbaar”,  so kan ʼn mens aangaan.
Dis opmerklik dat die name wat vir die geboue gekies is nie van inspanning en moeite en swaarkry getuig nie. Veronderstel die kompleks waar jy vakansie hou se naam is “Inspan” en “Opoffering”. Die hele vakansie ervaring is dadelik weg.
Ek het gewonder hoe dit sal wees as ek my lewenservaring ʼn naam gee wat my opgewonde maar ontspanne laat voel. Iets wat  getuig van verwagting en ideale  maar andersyds van geloofsvertroue. Dalk iets soos “Groot droom” of “Carpe Diem”.
Dit sal die lewe baie meer draaglik en ontspanne maak.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Watter naam/begrip of konsep se iets van jou ingesteldheid ten opsigte van die lewe?