Risiko

Risiko

ESEGIËL 22:30
Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie

Die hoë bome vang die meeste wind, word gesê. Somtyds is die bome doodgewoon moedswillig en het dit bitter min met integriteit en innerlike oortuiging te doen. Daar is mense wat terwille van die reaksie goed sê en doen wat onbenullig en onverskillig is.
Ander sê en doen goed omdat hulle doodgewoon nie die konsekwensie van hul optrede oorweeg het nie. Soveel mense kry in die proses onnodig seer. Iets van, voordat jy bou, bereken die koste sodat jy nie halfpad verleë staan omdat die saak nie na behore deurgedink is nie.
Dan weer is daar mense wat ten koste van hulself nie skroom om God se Waarheid in liefde te spreek nie. Die teks kom by my op waar die Here sê Hy het iemand gesoek om in die bresse te tree, (tussenbeide) maar niemand gevind nie.
Waar posisioneer jy jouself? Te bang vir die prys wat aan profetiese gehoorsaamheid verbonde is (profete sê, so sê die Here).
In ʼn tyd waar mense toenemend onseker voel oor die toekoms en vlug na die ou bekende paradigmas wat eens op ʼn tyd gewerk het, is dit riskant om ʼn alternatief voor te stel. Jy word maklik as ʼn verraaier uitgekryt, as ʼn vrydenker, ʼn liberalis.
In ons samelewing word die helde eers tronk toe gestuur en na hulle dood vereer. Ander word met die dood gedreig. Ons hoor  daagliks daarvan in die media.
Kom ons maak nie dieselfde foute nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}