Reuse Panado tref Afrika

Reuse Panado tref Afrika

Ja, dis ʼn kleinkind storie. Na die erge Tornado wat ons in Mogale en toe Durban beleef het gesels Karlu, vier jaar oud met sy ma. Ek vermoed hulle het by die kleuterskool oor die aangeleentheid gesels. Met smaak vertel hy sy ma dat daar ʼn plek met die naam Afrika is en dat ʼn groot Panado die plek getref het. Dit het aanleiding gegee tot lekker lag. Intussen het hy darem by die regte woord uitgekom.
Panado is ʼn pynstiller en baie bekend. Daar is soveel pyn in Afrika, ook in Suid Afrika. Die pyn word veroorsaak deur tornado’s van allerlei aard wat die leefwêreld van mense op ʼn gereelde basis tref. Ons het Hemelse Panado baie nodig.
As julle my die vergelyking verskoon is Jesus nie net die pynstiller nie maar die Geneser by uitstek. Ons moet Hom net by mense aanbeveel sodat hulle bewus kan word van hierdie hemelse gawe. Ons kla mos gereeld bymekaar oor een of ander skeet en verwelkom enige suggestie hoe dit verlig kan word. Kom ons vertel met dieselfde ywer van die gawe van Bo. Hy maak gebroke harte en lewens weer heel.
Here, dankie vir die genesende krag wat daar in U Naam is.
Jesus is Koning
Amen

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}