Resepte

Resepte

JOHANNES 8:7
Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi. 

Ek het die voorreg om met baie mense te gesels oor hul geloofslewe en die pad wat die Here met hulle stap. Vandag weer kon ek met iemand gesels en luister na die aangrypende wyse waarop die Here in sy lewe werksaam is. Ek het in tientalle onderhoude nog nie twee getuienisse gehoor wat dieselfde is nie. God is dinamies, relevant en binne persoonlike konteks met elke mens op pad.
Ons hou van bloudrukke en wil dikwels hê dat mense soos ons moet dink en ervaar. Ons beleef en skep selfs  afstand tussen onsself en mense wat God op ʼn ander wyse beleef. Ons twyfel selfs daaraan dat God hoegenaamd by sekere mense betrokke kan wees omdat ons “sonde lysies” nie voorsiening maak daarvoor dat Hy  by “sulke” mense betrokke kan wees nie. Ai, arrogansie is nie mooi nie. Ons staan op gelyke grond voor die Here, begenadig.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

“But for the grace of God, there goes I” se die spreekwoord. Ons mag nooit vergeet waar die Here ons kom haal het nie. Ons mag nooit gewoond raak aan sy genade nie.