Reënboog Genade

R120.00

Category:

Description

Tienduisende gelowiges van alle agtergronde beskou hierdie teks as rigtinggewend vir die tyd waarin ons leef. Terwyl ‘n mens versigtig moet wees om die verkeerde in die samelewing sondermeer aan sonde in die lewe van God se kinders toe te skryf, is dit nie ‘n ongeldige reis nie. Die teks bied uitkoms, is gevul met belofte en bied fenomenale moontlikhede vir wie God ook al in nederigheid sal opsoek.

Suid-Afrika is die tuiste van nagenoeg sestig miljoen mense. Baie van hulle is onbeskaamd Christene. Daar wag ‘n heerlike toekom op almal as ons mekaar daadwerklik begin opsoek, vertrou en dien.

Die laaste woorde is nog nie geskryf oor ons land nie. Inteendeel, daar is veel meer welwillendheid onder die meeste van die inwoners van ons land as die negativisme en opstand wat die voorblaaie van die media haal. Jy ontmoet oral die mooiste mense verteenwoordigend van die ryke diversiteit van ‘n verskeidenheid kulture, gebruike en tale. Juis dit maak ons land so besonders.

Ons kan by mekaar leer en ons kinders en kleinkinders en komende geslagte se toekoms verseker.

Hierdie stiltetydbundel is ‘n nege weke reis na ‘n roemryke toekoms.

Lees, bestudeer en oorweeg die inhoud in jou binnekamer en saam met medegelowiges.