Here, leer ons om te bid

R120.00

God hou daarvan as ons met Hom gesels.  Dit is tog wat gebed wesentlik is; samesyn deur die Heilige Gees.  Somtyds word dit gekenmerk deur ongekende vreugde en dankbaarheid en ander kere weer is dit somber en maak dit jou selfs moedeloos.  Dis die spektrum van menslike ervaring wat uitspeel in ons verhouding met die Lewende.

Category:

Description

Gelowiges beleef hul verhouding met die Here verskillend.  Dit is eweseer waar van hul gebedslewe.

Ongelukkig voel so baie skuldig oor hul toewyding aan gebed dat hul nooit die volle vryheid van ‘n verhouding met die drie-enige God beleef nie.

Somtyds lees ons uitnemende boeke oor gebed en dit hoort so. Die enigste probleem is dat die gebedsvaring van ander mense dikwels buite ons belewenisveld lê.

Dit voel asof ons nie by daardie verwagtinge kan uitkom nie en vermy dan eerder die intimiteit waartoe die Here ons uitnooi.

Ek vertrou dat hierdie stiltetydgids jou sal bemoedig en toerus. Verskillende strategiese tekste wat met gebed verband hou, word aan die orde gestel.

Eerder as om op die “hoe” van gebed te fokus, word die inhoudelike bespreek.

God hou daarvan as ons met Hom gesels.  Dit is tog wat gebed wesentlik is; samesyn deur die Heilige Gees.  Somtyds word dit gekenmerk deur ongekende vreugde en dankbaarheid en ander kere weer is dit somber en maak dit jou selfs moedeloos.  Dis die spektrum van menslike ervaring wat uitspeel in ons verhouding met die Lewende.

Mag hierdie beskeie bydrae jou bemoedig en aanvuur om die tyd saam met jou Vader te geniet. Immers, Hy geniet dit om jou by Hom te verwelkom.

Gebed as ‘n Coram Deo lewe.

Altyd in Sy teenwoordigheid.