Grondvlak Christene

R120.00

Ook in A6 grootte beskikbaar teen R60.00

Category:

Description

Grondvlak Christene

Dit is lankal nie meer maklik om elke dag ‘n Christen te wees en soos een op te tree nie. Daarvoor is Suid-Afrika, trouens die hele wêreld, net te onstuimig. Ons leef in uitdagende tye. Die noodsaaklikheid vir Christen en om met energie, integriteit, waarde georiënteerdheid en doelgerigtheid te leef, spreek vanself.

God het goeie bedoelinge met elke mens ook met Suid-Afrika. Die Koninkryk is ‘n konteks waar elke mens as beelddraer van die lewende God, maksimaal geleentheid het om sy of haar Godgegewe potensiaal te bereik. Generasies wat nog kom, moet ʼn gesonde en vreugdevolle omgewing vind om voluit te leef. Christene moet mekaar bystaan deur geestelike, morele en praktiese ondersteuning.

Sal jy daardie Christen wees? Hierdie tydige stiltetydhandleiding sal jou betekenisvol toerus.

Ds. Jannie Pelser is die organiseerder van die ToekomsVenster inisiatief.

Maak die spektrum stiltetyddagboeke reeds beskikbaar deel van jou geloofsreis. Dis ook die ideale geskenk.