God se plan met my lewe

R120.00

Ook in A6 grootte beskikbaar ten R60.00

Category:

Description

God se plan met my lewe

Jer 29:11 – Ek weet wat Ek vir julle bepland het sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.

Daar is seker nie ‘n Christen wat nie met hierdie teks bekens is nie! Ons put soveel sekerheid, troos en ondersteuning uit hierdie wonderlike beloftes in God se Woord. Die lewe moet sin en betekenis inhou. Geen mens kan bly voortlewe in ‘n saai en vervelige bestaan nie. Daar moet meer wees as eet en slaap, werk toe gaan en TV kyk; alles uiteraard betekenisvolle dinge, maar indien dit nie iewers begrond is in ‘n hartlike oortuiging dat ook jou lewe

  • ‘n verskil maak aan hierdie wêreld
  • ‘n bydrae lewer tot die koms van God se Koninkryk op aarde en
  • ander mense se lewens raak nie,

gaan die gevoel van nutteloosheid en verveling nie ophou nie.

Dr Chris Malan se uitnemende stiltetyd-handleiding neem jou op ‘n reis waarin jou ontdek, beleef en waardeer hoe die lewe sin gekry het in die ervarings van tientalle Bybelfigure. Begin nou met die belangrikste reis van jou lewe. Soek en vind die antwoord op die vraag “waarom is ek hier?”

God se plan vir jou lewe is een van ‘n reeks stiltetyd dagboeke wat deur ToekomsVenster beskikbaar gestel word. Verskeie belangrike geloofstemas word daarin, een vir een, aan die orde gestel. Elkeen van hierdie reise neem nege weke. Twaalf minute ‘n dag wat jou lewe kan en sal verander.

Maak die spektrum stiltetyddagboeke reeds beskikbaar deel van jou geloofsreis. Dis ook die ideale geskenk.