Jer. 29Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan,6trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie.

Ek is passievol oor die toekoms van Suid Afrika en glo dat God goeie bedoelinge het met ons. Die bekende teks in vers 11 (Ek weet wat ek vir julle beplan) het al vir duisende Christene betekenis gekry. Dit is wonderlik en vertroostend om te weet dat die Here nie twyfel oor waarheen Hy met sy kinders op pad is nie. Die interessante is dat die teks aan Israel gegee word te midde van hul verblyf in Babel. Hulle is daarheen verstrooi vanweë hul ongehoorsaamheid maar die Here belowe ʼn nuwe begin met sy volk.
Die frase “word baie” in die teks bo het my opgeval. “Baie” is God se bedoeling vir ons lewens in terme van lewensvreugde en vervulling, die impak wat ons op die samelewing het en die geloofwaardigheid van ons getuienis. Nêrens is daar ʼn teks wat sê “streef na die minimum” nie. “Leef gemiddeld en verbeeldingloos”.
Inteendeel, die Here roep ons tot ʼn volheidslewe wat oorvloedige vrug dra in belang van die  Koninkryk van die hemel.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Leef vandag vanuit die baie wat die Here in en deur jou tot stand wil bring.