Toegegee, visionering is vanweë `n verskeidenheid faktore in ons dinamiese wêreld problematies. Dit verhoed egter nie bv die regering van die dag om `n Nasionale Ontwikkelingsplan op die tafel bring nie. Dinge is vir hulle ewe vloeibaar maar met die beskikbare inligting en `n gesonde hoeveelheid intuisie word kreatief, verbeeldingryk en met verwagting vooruit gekyk en beplan.
“Dit hoort mos nie anders in die kerk nie” , sê ds Jannie Pelser, organiseerder van die “2015-2020 Toekomsvenster” inisiatief.
`n Aantal skrywers het koppe bymekaar gesit om gestalte te gee aan `n vyf jaar plan wat die kerk op die toekoms wil voorberei. In konsentriese sirkels word nagedink oor die individuele lidmaat (2015), die gemeente (2016), die gemeenskap rondom die betrokke gemeente (2017), Suid Afrika (2018) en die wye wêreld (2019). Volgens ds Jannie Pelser word 2020 as jubeljaar geoormerk.[:en]Dit is in verskeie sektore van die samelewing algemene praktyk …vyf, tien, twintig en selfs vyftig jaar planne. Die vraag waarheen die betrokke instansie oppad is is belangrik genoeg dat daar daadwerklik beplan en begroot word.
Toegegee, visionering is vanweë `n verskeidenheid faktore in ons dinamiese wêreld problematies. Dit verhoed egter nie bv die regering van die dag om `n Nasionale Ontwikkelingsplan op die tafel bring nie. Dinge is vir hulle ewe vloeibaar maar met die beskikbare inligting en `n gesonde hoeveelheid intuisie word kreatief, verbeeldingryk en met verwagting vooruit gekyk en beplan.
“Dit hoort mos nie anders in die kerk nie” , sê ds Jannie Pelser, organiseerder van die “2015-2020 Toekomsvenster” inisiatief.
`n Aantal skrywers het koppe bymekaar gesit om gestalte te gee aan `n vyf jaar plan wat die kerk op die toekoms wil voorberei. In konsentriese sirkels word nagedink oor die individuele lidmaat (2015), die gemeente (2016), die gemeenskap rondom die betrokke gemeente (2017), Suid Afrika (2018) en die wye wêreld (2019). Volgens ds Jannie Pelser word 2020 as jubeljaar geoormerk.[:AF]undefinedDit is in verskeie sektore van die samelewing algemene praktyk …vyf, tien, twintig en selfs vyftig jaar planne. Die vraag waarheen die betrokke instansie oppad is is belangrik genoeg dat daar daadwerklik beplan en begroot word.
Toegegee, visionering is vanweë `n verskeidenheid faktore in ons dinamiese wêreld problematies. Dit verhoed egter nie bv die regering van die dag om `n Nasionale Ontwikkelingsplan op die tafel bring nie. Dinge is vir hulle ewe vloeibaar maar met die beskikbare inligting en `n gesonde hoeveelheid intuisie word kreatief, verbeeldingryk en met verwagting vooruit gekyk en beplan.
“Dit hoort mos nie anders in die kerk nie” , sê ds Jannie Pelser, organiseerder van die “2015-2020 Toekomsvenster” inisiatief.
`n Aantal skrywers het koppe bymekaar gesit om gestalte te gee aan `n vyf jaar plan wat die kerk op die toekoms wil voorberei. In konsentriese sirkels word nagedink oor die individuele lidmaat (2015), die gemeente (2016), die gemeenskap rondom die betrokke gemeente (2017), Suid Afrika (2018) en die wye wêreld (2019). Volgens ds Jannie Pelser word 2020 as jubeljaar geoormerk.