Ook ʼn plek 

My kleinkind Karlu se kleuterskool konsert verwys. (Juvan is die ander een)Julle sal eendag verstaan, die wat nog nie ʼn oupa is nie!! 

Juffrou verduidelik dat daar baie hard geoefen is aan die produksie maar dat die ouers en grootouers darem in gedagte moet hou dat dit ʼn vreesaanjaende ervaring vir van die kleuters is om voor so baie mense op te tree. Sommige onthou hul bewegings mooi en doen soos hulle vooraf geoefen het. Ander skrik hulle morsdood en vries summier op daardie verhoog.
Mamma en pappa sak hul kop in ongeloof want hul blootjie is dat die spontaniteit vanself by die huis.
Nee verduidelik juffrou, stilstaan is ook ʼn plek.
Dit het my aangespreek.
Ons verskil van mekaar. Sommige is gebore akteurs. Hulle voel gemaklik as die kollig op hulle skyn en dan kom die beste en verrassende na vore.
Ander is denkers, filosowe, skrywers.
Hulle staan nie voor nie maar skryf die teks vir die kunstenaars.
Sonder die een kan die ander nie.
Laat my dink aan die pragtige storie van die skrywer Ryk Hattingh wat verlede week onverwags dood is.
Hy was woonagtig in Auckland, Nieu-Zeeland  en bekend as iemand wat in die voorstad Browns Bay  skoene herstel. Sy skoenherstelkiosk was baie bekend en almal het groot waardering gehad vir sy mooi persoonlikheid.
By sy dood was dit groot nuus dat die skoenmaker eintlik ʼn bekende en bekroonde skrywer was in sy geboorteland, Suid Afrika. Hy is tien dae nadat hy met die Kyknet-Rapport prys vir fiksie bekroon is aan ʼn hartaanval dood. Hy het die prys in Suid Afrika in ontvangs kom neem.
Stilstaan is ook ʼn plek, ʼn belangrike een daarby.
Hoe die Here jou ook al bedraad het, doen soos jy ten diepste is.
Here, dankie dat ons almal uniek is.
Ons waardeer U
Amen.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}