Onverwagse seën

Onverwagse seën

JEREMIA 33:3
Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Ons almal worstel maar van tyd tot tyd met dinge wat onrustig maak. Dit kom in verskeie gedaantes: twyfel, teleurstelling, vrae, ens. Dis veral dan dat ʼn mens heimlik wens dat die Here iemand wil stuur wat sonder dat hulle iets van jou weet ʼn woord spreek wat jou tot stilstand bring, ʼn woord uit die hart van God. Dit word ʼn profetiese woord genoem en sommige mense het ʼn baie spesiale aanvoeling vir hierdie gawe. 
So ry ek Saterdag middag om brandstof in te gooi by ʼn motorhawe. Die jong petroljoggie raak aan die gesels en komplimenteer my met die motor wat ek ry. Ek is ook baie dankbaar daarvoor en vertel dat dit ʼn geskenk van my kinders was. Hy is aangenaam verras en herinner my dan dat dit eintlik ʼn geskenk van die Here is. Inderdaad, ek sien dit ook so. Dan vervolg hy “ die Here sê jy moenie oor die toekoms bekommerd wees nie, alles gaan uitwerk”. Wow, dit was genoeg om my tot stilstand te bring. 
Dankbaar dat die Here my raaksien en antwoord en opgewonde oor die ongewone plek en wyse waarop Hy met my in gesprek tree.