Ontsteltenis

Ontsteltenis
“As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela (PSALMS 4:5 AFR83)
Ons almal word somtyds ontwrig deur dinge wat met ons, ons geliefdes en ander gebeur. Sommige daarvan ontwrig en ontstel uitermate.
Dis so belangrik om afstand te kry tussen die gebeure en ʼn mens se reaksie. Dikwels kompliseer ʼn mens dinge eerder as om na ʼn oplossing te probeer soek.
Dit is ʼn stukkende en onregverdige wêreld waarin ons woon. Mense kom mekaar te na en maak mekaar seer. Selfs Christene doen dit aan mekaar hoe onverstaanbaar dit ook al mag wees. Mens sou dink dat die kerk en geloofsgemeenskap die een plek is waar ʼn mens gekoester en beskerm word. Die teendeel is somtyds waar.
Dan weer bestaan die kerk uit feilbare en brose mense en het ons almal die vermoë om te kwes en te verwond.
Mag die Here ons deurlopend sensitief maak vir ander se menswees en mag Hy ʼn mens wysheid gee om jou ongemak en teleurstelling op die beste wyse te hanteer.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}