Ons kinders
“ Kom na My toe, almal…”
Ons ly aan ʼn siekte, eksklusivisme. Ons is van kleintyd geprogrammeer om uit te sluit, toe te maak en te isoleer. Ons trek grense rondom ons verstaan van die wêreld en oorweeg nie ander perspektiewe nie. Ons voel maklik bedreig as iemand met ʼn alternatief na die tafel toe kom omdat ons gevoel van beheer grondiglik uitgedaag word.
As daar een ding is wat in ons tyd nie meer werk nie is dit mag en beheer. Ervaring het geleer dat mense konsekwent mag en beheer misbruik om ander te benadeel en self te verryk. Daarom kyk veral jongmense na die kerk met agterdog en vooroordeel. Die kerk het ook beheer. Ons het boeke vol maatreëls om elke denkbare faset van kerk wees te beheer. Dit verander uiteindelik maar sal veel meer moet toegee. Oopmaak, verdra, akkommodeer, intrek en help is woorde wat ons vorentoe gaan neem.
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
Miskien wil jy vandag een van daardie denkbeeldige grense aftakel, bevraagteken, challenge. Jy sal verras wees met die uitkoms.