O die liewe Martatjie

Ek haal uit Wikipedia aan:
“Der liebe Augustin”, oor wie die Duitse liedjie gaan, was die bynaam van Marx of Markus Augustin, ’n digter, sanger en doedelsakspeler. Die woorde word aan hom toegeskryf. Hy was blykbaar gewild, want veral in 1679 tydens die pes in Wene het hy die stadsbewoners opgevrolik met sy liedjies. Hy het met sy doedelsak van een kuierplek na ’n ander getrek om musiek te maak en maar min verdien – hy het blykbaar ook lekker diep in die bottel gekyk.
Volgens oorlewering was die 36-jarige Augustin een aand weer dronk en het hy in die straat geslaap. Opruimers wat mense wat in die pes dood is se lyke bymekaargemaak het, het gedink hy is dood en hom saam met lyke in ’n massagraf gegooi. Die graf is nie dadelik toegegooi nie, maar net tydelik bedek sodat nog lyke later bygevoeg kon word. Die volgende dag het Augustin tussen die lyke op sy doedelsak gespeel tot hy uit die graf gered is. Daarna het Augustin blykbaar beter verdien. Die legende is dalk deur homself begin. Destydse bronne het al berig oor hoe hy tussen die lyke uitgekom het.
Die volksliedjie “O du lieber Augustin” het omstreeks 1800 in Wene ontstaan. Augustin self word as die skrywer genoem, maar die oorsprong is onseker.
Die bekende liedjie se woorde hieronder. Die liedjie laat my dink aan iemand wat met alles ontevrede is en oor alles kla.
Is jy ook ʼn klakous? Alles is altoos verkeerd en natuurlik is almal behalwe jyself te blameer. As die ander mense dinge net beter wil doen.
Klakouse is nie lekker mense om rondom jou te hê nie. Die lewe is ook net te kort om om te kla.
Julle onthou Martha van die Bybel. Sy moet al die werk alleen doen terwyl Maria haar die luukse veroorloof om met Jesus te kuier.
Ai, die lewe is swaar en onregverdig.
Is nie!!
Kom by!!
Begin by lof aan die Here en net nou is jy in ʼn ander gemoedstemming.

O, die liewe Martatjie, Martatjie, Martatjie!

O, die kleine vabondjie het my laat staan.
Geld is weg, nooi is weg, als is weg, alles weg!
O, die kleine vabondjie, wat nou gedaan?
O, my liewe Kareltjie, Kareltjie, Kareltjie!
Waarom kleine papbroekie, moet jy so kla?
Net ‘n grap, jy’s te pap, jy’s te sleg, als is reg.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Kom nou, liewe Kareltjie, vra Pa en Ma.