’n Gebed-safari

Ses en
dertig mense van bykans regoor die wêreld toer tans van Pretoria na Kaapstad om
te bid. Amerika, Kanada, Suid-Korea, Uganda, Ethiopië, Tanzanië, Kenia,
Suid-Afrika, hulle is almal daar, manne en vroue met ’n gebedslas en ’n gebedsywer
vir ons land. Dit vorm deel van ’n internasionale bediening met die naam
“Resonate Global Mission” en word jaarliks in ’n ander land van die wêreld
onderneem. Volgende jaar is dit Ethiopië en in 2020 Kanada.
Strategiese
punte word aangedoen waaronder die Effektebeurs, Uniegebou, Marikana, Soweto,
Universiteite, hospitale, skole, monumente, uiteindelik Robben eiland, Kaapse
Vlakte en parlement. Ons reis met ses voertuie en bly darem snags oor. Bykans
alle beroepe is verteenwoordig en daarmee saam die hele spektrum
persoonlikhede. Dit is ‘n safari.
Ontvangs is
deurentyd hartlik en ’n mens is beïndruk met die erns waarmee mense die toekoms
van ons land in hul harte en gebede hou. Dit is veral die skole en
hospitaalpersoneel wat ons gister by aangedoen het wat my aandag getrek het.
Leerlinge
het entoesiasties gesing toe ons opdaag en aandagtig geluister na die
groepleier, Mike Ribbens, wat self as Amerikaner agt jaar in Nigerië as
sendeling gewerk het. Hy woon en werk nou in Suid-Afrika saam met die Twane
Leadership Foundation.
Toe die
leerlinge gevra is om vir hul personeel te bid het ’n kleinerige dogter begin
bid met ’n intensiteit wat ek nog nie beleef het nie. Sy het die hemel sonder
twyfel in beweging gebring. Ook by die hospitaal is ons met tipiese Afrika
harmonie begroet. Die erns van die mense het getref.
Hoogtepunt
was toe ons vir die pasiënte kon bid. Onthou gerus vir Simon in jou gebede. Hy
het die gebruik van sy bene verloor a.g.v. een of ander onverklaarbare aanval
op sy liggaam. Alhoewel dit besig is om te herstel lê daar nog ʼn lang pad voor.
Abraham hoes onophoudelik, bid ook vir hom. Die pasiënte was baie beïndruk met
die dat my vennoot van New York was. Darren is net 24 en dit is sy sesde
sendinguitreik.
Dankie, vir
julle gebede. Vandag is ons in Bloemfontein en môre vertel ek wat ons beleef
het. Laatmiddag vertrek ons na Graaff Reinette. Ek is een van die
voertuigbestuurders. Bid ook vir ons.
Laat U
Koninkryk kom.
Reclaiming
hope for South Africa.