More or less, precisely.

More or less, precisely.
Ek het die regte ding gedoen gister, teruggekeer na die plaaslike gimnasium na ʼn tyd van afwesigheid!!. Ek is seker baie van julle kan met my identifiseer in die verband. My nuwejaarsvoorneme om getrou te wees in die versorging van my tempel deur onder andere gereeld te oefen. Eintlik is dit nie so sleg as ʼn mens eers aan die gang gekom het nie. Dit is ʼn voorreg om gesond te wees en wel aan ʼn goeie oefenprogram deel te neem.
Ek hou daarvan om terwyl ek trappe klim of op die “treadmill” (trapmeule) is na die nuus op TV te kyk. Ons gimnasium se apparaat het die fasiliteit en ʼn mens kan na verskeie nuuskanale inskakel.
So terwyl ek probeer om my asemhaling te reguleer is daar ʼn onderhoud met ʼn slim professor van ʼn universiteit in Johannesburg oor ʼn besondere fonds wat gemaak is. Iewers in die woestyngebiede van Libië is ʼn uitsonderlike klip opgetel vertel hy. Dit is “extra terrestial”  (from outside the earth or its atmosphere) van aard (probably). Miljoene jare gelede die aarde se atmosfeer binnegedring (probably)  sê hy. Dit is heeltemal anders in sy samestelling as enige iets anders wat hulle nog mee te doen gehad het. Dis kom (probably) van ʼn baie ver planeet. Dit was (probably) baie groter maar toe dit die aarde se atmosfeer binnedring het dit van sy massa verloor vanweë die druk en wrywing. Op navraag van die onderhoudvoerder is daar (probably) nog baie van die klippe in die area maar sekuriteit en beleid maak dit baie moeilik om bewyse te versamel en land uit te neem.
Die wetenskap word wat sekere dinge betref deur “probably” gekenmerk en ek het geen probleem daarmee nie. Ek respekteer die vakgebied en soewereiniteit wat wetenskaplikes het en waardeer die entoesiasme waarmee bevindinge gemaak word. Trouens ek verstaan dit as deel van die skeppingsopdrag dat ons ook moet navors en verstaan hoe alles (probably) tot stand gekom het.
Daarteenoor begin die Bybel met “In die begin het God die hemel en die aarde gemaak”. Absolute sekerheid van waar alles sy ontstaan het. Geen waarskynlikheid nie maar sonder twyfel. Dit sou wonderlik wees as wetenskaplikes ook met hierdie waarskynlikheid sal rekening hou.
Die hoe ? – “probably”.
Die “hoe”  is die mandaat van die wetenskap. Die Bybel is nie ʼn wetenskapshandleiding nie. Dis nie hoe ʼn mens die Bybel lees nie. Die vraag hoe alles ontstaan het ens. is die mandaat van die wetenskap en deel van die skeppingsopdrag. Dis ʼn grootse taak.
Die Wie?- God drie enig deur sy Seun en Gees.
Sonder twyfel!!
“Probably” sinonieme : in all likelihood, in all probability, as likely as not, very likely, most likely, likely, as like as not, ten to one, the chances are, doubtless, no doubt, all things considered, taking all things into consideration, all things being equal, possibly, perhaps, maybe, it may be, presumably, on the face of it, apparently.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}