Moenie bang wees nie

Moenie bang wees nie

Hierdie frase word keer op keer in die Bybel herhaal.
In die tydsgewrig waarin onsself bevind is dit baie nodig en relevant.
Ek wonder of Suid Afrika al ooit so op n mespunt geballanseer is soos tans.
Bykans alle samelewingsverbande is onder druk.
In so n tyd sê die Here, “moenie bang wees nie want Ek is met julle”
Hy sê ook ” alle mag is aan My gegee, gaan en maak dissipels…en Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld”
Dis asof God ons onvermoë, bekommernis, angstigheid en onsekerheid toemaak in sy genade sodat n gevoel van onbeskryflike troos en sekerheid, ja selfs dapperheid en geloofsdurf van n mens besit neem.
Inderdaad..moenie bang wees nie
Ek is nog altyd die Here
Gebed

Ons aanbid U Koning van die Konings

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 17.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen