Mededeelsaamheid

Mededeelsaamheid
LUKAS 6:36
Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
Die gebeure van die afgelope weke in die Kaapse skiereiland ( storms en winde) en Knysna en oos Kaap (verwoestende brande ) het die mooi in ons mense weer na vore gebring. Dit is opmerklik dat Suid Afrikaners graag betrokke raak by ander se nood. Nie alleen die praktiese hulpverlening nie maar ook die bestaansmiddele wat mildelik van heinde en verre bygedra is. Dit maak ʼn mens se hart baie bly en getuig van iets wat nog nie te midde van baie druk en selfs spanning in Suid Afrika verlore gegaan het nie. Die bykans onnatuurlike druk waaronder ons leef neig om ʼn mens van jou medemenslikheid te beroof. Dis nie moeilik om hard en ongenaakbaar te word nie. Ons mag egter nie toelaat dat ons konteks ons so deurmekaar krap dat ons vergeet wat belangrik is nie.
Indien dit gebeur het die duiwel sy doel met ons bereik.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}