Life as you know it

Life as you know it


MATTEUS 23:11“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien

Die gebeure in Zimbabwe is vars in die geheue. Jongste nuus is dat die bejaarde leier weier om sy posisie prys te gee. Hoe dinge gaan uitspeel is onbekend. Ons moet bid dat die Here ʼn vreedsame oplossing gee.
Vir mnr Mugabe en sy vrou Grace het die lewe in oomblikke verander. Die een oomblik in beheer, dreigend en manipulerend, uitbuitend en verdag en die volgende oomblik was hulle onder huisarres. Mnr Mugabe sal na verwagting vroeg hierdie week in ʼn staat van beskuldiging geplaas word. Ons is deur dieselfde oefening  met ons staatspresident. Hy is nog met ons.
Die les wat ek hieruit leer en wil deel is dat ongeregtigheid nie altyd in stand gehou kan word nie. Daar kom ʼn tyd dat ʼn mens se boosheid teen jou draai. Die uurglas loop vol en die hele spulletjie tuimel in mekaar. Boosheid is deel van ons gevalle natuur. Dis in ons – selfsug, eiegeregtigheid en self handhawing. Ons moenie toelaat dat dit in ons lewens die botoon voer nie. Die nuwe natuur in Christus lyk anders.
Dis diensbaar en nederig, afhanklik en sagmoedig. Dit beteken nie ruggraatloos nie maar nie baasspelerig nie.
Ons regeer almal iewers. In ons huise, by die werk, in ons sosiale kring, gemeente. Die leierskap wat ons openbaar of die gebrek daaraan sal een of ander tyd getoets word. Die ou mense het gesê die Here slaap nie. Ons moet betyds tot inkeer kom voordat ʼn staatsgreep ons van ons mensgemaakte troon verwyder, verneder en verleë.
Here help dat ons nie in eiegeregtigheid voortstu nie.
Maak ons nederig.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen