Let op jou woorde

Let op jou woorde
Spreuke 18:21: “Dood en lewe is in die mag van die tong”.
Jare gelede het ek ʼn boek gelees met die titel “what you say is what you get!” Opsoek na ʼn ander bundel op my boekrak kom ek weer op hierdie juweel af. Die boek wat deur Don Gossett geskryf is het ʼn lysie belydenisse wat ʼn mens se lewe kan verander. Dis positiewe  geloofsuitsprake wat lynreg staan teenoor die negatiewe en ongelowige uitlatings wat ʼn mens somtyds maak.
Dink daaraan dat die negatiewe en pessimistiese dinge wat ons kwytraak eintlik ʼn mosie van wantroue in God verteenwoordig. As ons waarlik glo dat wat Hy van Homself sê die waarheid is sal ons darem seker anders praat, nie waar nie?
Daarbenewens is ons woorde dikwels kwetsend teenoor ander wat as beeld draers van God in hierdie wêreld optree.
In watter mate het negatiewe en afbrekende uitlatings oor jou as mens jou nie al ontsenu en mismoedig gemaak nie?
Ons roeping is tog veel eerder om mekaar aan te moedig op die geloofsreis.
Miskien wil jy vandag net saam met my nadink oor die betekenis en implikasie van die bekende woorde in Spr. 18  “Lewe en dood lê in die mag van die tong”.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}