Die vars bries wat in Suid Afrika waai is aansteeklik. Daar is ʼn atmosfeer van hoop en verwagting met die aanwysing van Mnr Cyril Ramaphosa as staatspresident. Oor die uittredende een wil ons nie praat nie. Gelukkig is daardie hoofstuk nou afgesluit. 
Media berigte het dit dat mnr Ramaphosa gister saam met opgewonde ondersteuners in Gugulethu gaan stap het en hul sommer aangemoedig het om ʼn gesonde lewensstyl te handhaaf. Ek kan my dit nie voorstel dat dit al voorheen gebeur het nie. So stappenderwys het die media hom uitgevra oor die verkleining van die kabinet en ander verwante sake. Nee, sou hy sê, ek stap juis om oor hierdie dinge na te dink. Regmerkie vir mnr Ramaphosa.
Om saam te stap en gemaklik te gesels is ʼn terapeutiese oefening. Dis boonop ʼn wonderlike manier om iemand anders op gemaklik en informele wyse te leer ken.
Ons verhouding met die Here is eintlik niks anders nie. Dis ʼn lewenslange saamstap met Hom waarin ons onsself net meer en meer verlustig in sy grootheid en almag.
Stel jouself dit voor jy vertel iemand by jou werkplek. “Jy sal nie glo saam met wie ek vanoggend gaan stap het nie. Mnr Ramaphosa homself. Dit was ʼn wonderlike geleentheid. Aangename man en slim ook…”
Hoeveel te meer saamstap met die lewende Here deur sy Gees? Leer Hom op gemaklike en informele wyse ken.
Matthew 11:29-30 The Message (MSG)
28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
Terloops, ons het juis dit nodig in Suid Afrika. Saamstap met mekaar sodat ons die agterdog, vooroordele en vrese kan begrawe en in en by verreweg die meeste mense in ons land iemand ontdek wat vir homself en sy gesin die beste begeer, netsoos jy. 
Mag ons mekaar betyds ontdek. 
Groete
Jannie Pelser
Rant en Dal Gemeenskapkerk