Julle is die sout van die aarde

Julle is die sout van die aarde

Iemand maak vandag die opmerking dat sout in ń soutpot geen verskil maak nie.
Dit het my laat dink. Ons preek met soveel oortuiging dat ons die sout van die aarde is. Wat ń merkwaardige vergelyking en demonstrasie van gelowiges se roeping in die wêreld. Die wêreld het inderdaad smaakloos geraak. Die verderf is akuut en saai verwoesting in mense se lewens.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 17.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Sout gee smaak en sout werk verderf teen. Ongeag van hoe voortreflik die houer is, meestelik vervaardig en van die fynste porselein maak die sout geen verskil as dit in die houer bly  nie. Uiteraard moet die sout bereid wees om iets prys te gee. Sout wat toegedien is kan nie weer bymekaar gemaak word nie. 
Dit identifiseer volledig met die objek waar dit toegedien word. Sout wat sy sout werd is doen waarvoor dit gemaak en gestuur is. Heroorweeg jou roeping in hierdie wêreld. Is jy bereid om dit volledig uit te leef?