Indien nie nou nie, dan wanneer?

Covid-19 het ons lewens erg kom ontwrig. Die bykans 600000 mense wat reeds wêreldwyd reeds aan Covid-19 gesterf het is hartseer en pynlik.

Elkeen van hierdie slagoffers het geliefdes wat direk deur die omstandighede geraak word. Voeg daarby die honderde duisende  mense wat positief toets  vir die virus, die angs en onsekerheid wat hulle beleef en beleef het , dan word ʼn mens bewus van die impak hiervan. Ook die groot risiko waaronder gesondheidswerkers daagliks moet werk gryp ʼn mens in die hart.

Dan weer herstel ʼn beduidende persentasie van mense wat positief getoets is . Mense wat tot die dood toe siek was stap as oorwinnaars uit hospitale  uit. Mense is vegters en wil graag lewe. Dit is dikwels die wil om te lewe wat seëvier soveel te meer as ʼn mens saam met Paulus kan se vir my is die lewe Christus.

Daarmee saam opwindende en bemoedigende berigte van entstowwe wat op verskeie plekke in die wêreld getoets word en farmaseutiese maatskappye wat prontuit verklaar dat hulle nie wil wins maak nie maar die mensdom wil help. As ek reg verstaan kan ons teen die einde van die jaar reeds ʼn effektiewe entstof op die rak hê.

Ook plaaslik word naarstiglik gewerk om ʼn teenmiddel te ontwikkel. Ons bid daarvoor.

Dalk is daar ʼn lig in die tonnel, dalk is die nagmerrie amper verby, dalk is ons nader aan oorwinning as wat ons gedink het.

Dalk sal ons eersdaags weer ons geliefdes kan omhels, eredienste kan besoek, sportstadions kan volpak, staande ovasies gee in konsert sale, braai saam met vriende en familie, mekaar vashou en die lewe vier.

Sal ʼn wêreldwye dankdiens nie gepas wees om die Here se goedheid te vier en te gedenk nie.

Dit laat my onomwonde dink aan die teksvers, die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

Die ANC veteraan, Andrew Mlangeni,  langslewende  van die bekende Rivonia agt wat destyds deur die apartheidsregering tot lewenslange tronkstraf gevonnis is is in die ouderdom van 95 jaar oorlede. Hy word saam met mnr. Nelson Mandela vanaf 1964 tot 1990 Robbeneiland toe gestuur. Daar nadat hy matriek geslaag het verwerf hy met lof ʼn honneursgraad in Politieke wetenskap. Ek het huldeblyke op radio en TV gehoor en ook in die pers gelees. Een woord wat gereeld voorgekom het was die woord integriteit, eerbaarheid.

Integriteit het ʼn skaars kommoditeit geword. Mense skroom nie om blatant te vat wat hul nie toekom nie. Corruption watch het ʼn verslag genaamd X ray bekendgestel wat duiselingwekkende korrupsie in Suid Afrika se gesondheidsektor blootlê. Op die manier word 80% van die bevolking van hul reg op behoorlike gesondheidsorg ontneem.

Inderdaad is dit die armstes wat die ergste onder korrupsie ly.  In die agt jaar van sy bestaan het die moniteergroep nie minder as 28000 klagtes van beweerde korrupsie ontvang nie waarvan 670 klagtes met die gesondheidsektor te doen gehad het. Bykans 92% van die klagtes het met onreëlmatighede by die regering, nasionaal en plaaslik te doen maar ook die private sektor en publiek word betrek.

Mense steel skaamteloos op ʼn verskeidenheid maniere. Selfs in die hartseer tyd waarin ons leef skroom mense van aansien, mense wat met die  verantwoordelikheid toevertrou is, om die belange van burgers te dien nie om te steel nie.

Die afgelope week se oggendkoerant berig juis oor toenemende armoede in Suid Afrika. Ontstellende syfers van mense wat honger ly sien die lig. Nagenoeg 50% van ons samelewing het teen die middel van April vanjaar geen besteebare inkomste meer oorgehad nie. Die berig wil dit hê dat nagenoeg 2.2 miljoen mense gedurende April, die maand waaroor daar navorsing gedoen is en te midde van streng inperkingsmaatreëls het honger gely. Daar word berig van kinders wat elke dag van die week honger gely het.

As ʼn mens deur die mooi woonbuurte in Suid Afrikaanse stede ry, die pragtige kerkgeboue, die ruim inkopiesentrums, wêreldklas stadions ens kan ʼn mens nie dink dat daar selfs kinders in ons omgewing is wat honger het nie. Ook hier speel korrupsie en ʼn gebrek aan politieke wil ʼn belangrike rol.

Br Andrew Mlangeni  was ʼn man van integriteit, word gesê. Hy het nie geskroom om die leierskap van die regerende partye tot verantwoording te roep nie. Ons het ʼn gebrek aan leierskap, mense wat konsekwent respek afdwing en oor wie se lewens daar nie vraagtekens hang nie.

Die Zondo kommissie moet tot ʼn punt kom.

As reg en geregtigheid nie geskied nie sal niks verander nie.

Dit is net ʼn kwessie van tyd of die persoon oor wie se kop daar vraagtekens hang word weer in ʼn ander pos ontplooi.

In die Mandela gedenklesing wat die afgelope tyd deur die VV se sekretaris generaal António Guterres voorgedra is begin het met die stelling

The world is in turmoil

Economies are in freefall

We have been brought to our knees – by a microscopic virus

The pandemic has demonstrated the fragility of our world

It has laid bare risks we have ignored for decares.

Dan sê hy

It is a myth that we are all in the same boat because while we are all floating ion the same se aits clear that some of us are in superyachts while others are clinging to the floating debris.

Hy vervolg egter

Covid 19 is a human tragedy. But it has also created a generational opportunity. An opportunity to build back a more equal and sustainable world.

Now is the time for global leaders to decide

Will we succumb to chaos, division and inequality or will we right the wrongs of the past and move forward together for the good of all.

We belong to each other.

We stand together or we fall apart.

Die civil rights leier, John Lewis het gesê

If it is not us, the who?

If not now, then when.

Lord, I give You my heart
I give You my soul
I live for you alone
And every breath that I take
Every moment I’m awake
Lord, have Your ways in me